Tuesday, March 23, 2010

Watse "ISSUES" het Tieners....

Al ooit daaraan gedink dat tieners van vandag aan baie meer goed bloot gestel word as tieners van die jaar 2000

Is alles n verskoning vir hulle swak maniere en opvoeding of is dit regtig groepsdruk.

6 comments:

  1. Marietjie...

    Ek weet nie waar om te begin nie want die goed wat ek hoor bv. by my boetie se kinders, die goed wat hulle se, en die feit dat hulle al in graad 2 n meisie of kerel het se vir my dat daar regtig n probleem is. Ek self het nie eers n selfoon gehad toe ek op skool was nie, kinders van graad 1 praat al van MXIT, Facebook, Twitter... waar gaan dit eindig...SEX DRUG, Rock and Roll is hulle motto in die lewe as hule ouer word.

    ReplyDelete
  2. Dit alles dra by, ek meen tegnologie is so gevorderd met Facebook, Skype, Mxit... Jongmense van vandag ontmoet baie meer en baie ouer mense waar hulle 10 jaar terug blootgestel was slegs aan skool vriende, meestal van hulle ouderdom. Hulle het toegang tot meer inligting. Kan enige iets "google" en die temptation is net te groot om te eksprimenteer.

    Dinge het so verander dat vandag word dit oorweeg om 'n Porn channel op DSTV te skep, dit wys jou net hoe het dinge verander. Min dinge is vandag "taboo" en as jy iets op jou facebook status kan sit wat meer comments kan oplewer, dan sal hulle, en dit doen ook. Groepsdruk speel 'n ongelooflike rol, as gevolg van die samelewing se veranderinge. Tieners van vandag word nie gedisiplineer nie, ouers is te besig met hulle eie lewens, skole raak te vol so onderwysers kan nie meer klaskamers vol tieners met 'n warboel van humeure, hormone en emosionele probleme hanteer nie.... Dis maar net my mening :) Lorraine Hattingh

    ReplyDelete
  3. tieners probleme raak moeilik wanneer dit so veralgemeen word, maar in my opinie kan alles terug getrek word na aanvaarding en liefdie "or the lack there of"...daar is nie vandag meer blootstelling as in 2000 ek dink ons is net vandag meer daarop ingestel.

    maak nie saak hoe oud jy is nie as iemand jou respekteer sal jy hulle respekteer en as iemand jou uit haal gaan jy ook die selfde doen. dis in ons almal se natuur. tieners is nie van 'n ander stof as ons gemaak nie meeste van hulle het net al seerder gekry as ons en dit kan mens sien wanneer jy na die laaste paar jaar se tienerselfmoord syfers kyk en ook na deprssie onder die jeug.

    ons is te vinnig om vir die jeug te se word groot wanneer hulle net kinders wil wees en dan as hulle "groot" word of probeer groot wees dan haal ons hulle daaroor ook uit...hulle soek mense wat wil luister en wat wil omgee en hulle nie teleurstel nie want die druk wat die saamelewing op hulle sit is partykeer net te veel en hulle weet nie hoe om dit te hanteer nie want ons leer dit nie vir hulle nie...meeste jong mense gaan soek aanvaaring op die verkeerde plekke want hulle word vermy of uitgehaal deur die mense wat hulle die meeste vertrou.

    ja die tye het baie verander oor die laaste 20 jaar maar alles wat hulle doen, voel, se en die manier waarop hulle optree is nie net hulle skuld nie want hulle is per slot van rekening net kinders wat nie van beter weet nie.

    ReplyDelete
  4. Mmmmm....ja ek moet saamstem dit is nie altyd hulle skuld nie. Ouers is deesdae glad nie meer betrokke en kan nie leiding bied en weet waarmee hul kinders alles betrokke is nie.

    Maar dit is waar dat ons as onderwysers nie altyd meer weet hoe om 'n groot klas vol tiener hormone en uitbarstings en houdings te hanteer nie...ek wil net weet...waarheen is RESPEK...?

    Ek moet ook nog iets deel...ek het nou die laaste ruk met die kiddies/Graad 10's in my klasse tienerseks en goed behandel. Jitte...dis amazing hoe die atmosfeer net so gaan le die oomblik as hul gemaklik raak rondom jou en die feit dat hul met jou kan gesels sonder veroordeling en sonder kritiek. En die oomblik toe ek vir hulle vra hoeveel met hul ouers oor die goed kan gesels, was dit verbasend hoe min hulle hande opgesteek het. en die wat hulle hande opgesteek het het ook vir my gese: " Maar mamma weet ook nie alles nie"

    Tieners het nie meer die vrymoedigheid om met ouers te praat oor partytjies en wat in hul lewens aangaan nie..want as ouers alles moet weet, sal hulle dalk net in glaskaste toegesluit word uit vrees vir blootstelling en omdat hulle hul kinders wil beskerm teen die lewe daarbuite.

    EK voel dat ouers kinders net so moet grootmaak dat hul half gewapen sal wees teen die aanslae wat die ou lewe mee bring en na hul kante toe gooi...gewapen met waardes, liefde, geloof en ondersteuning...sal dit dalk 'n goeie beginpunt wees....?

    Want as jy mooi daaroor nadink...tieners is eintlik kinders vasgevang in 'n volwasse liggaam...ons moet hul nogsteeds bystaan en probeer verstaan en begrip he...

    ReplyDelete
  5. ja aan die eenkant is dit die ouers se skuld dat die kinder doen wat hulle doen vandag, die kinders doen nie meer sport nie hulle wil net rook en drink....wat ek nie kan verstaan nie...dan sal jy nog die kinders ook kry wat wat vir jou sal se: "maar" Juffrou hoekom moet ek om die baan hardloop,hoekom moet ek my tyd mors in die middae om sport te oefen. ek voel net kinders van vandag moet net besef hoe belangrik dit is om te oefen, "maar hoekom sal hulle dit nou doen"...die VRAAG IS HOEKM WIL HULLE NIE MEER SPORT/OEFEN op skool nie....

    ReplyDelete
  6. ek dink hulle dink net dis eenvoudig lekkerder om eerder te sit by die huis saam tjommas en hubbly te rook...te mixit, voor die tv te le en om t e facebook. Hul verstaan nie dat dit goed is in die eerste plek om aktief te wees om oorgewigtheid te voorkom nie...ook nie dat as hulle in die middae so besig is met sport indien hul dit sou doen, dat hul nie tyd kry vir stout wees en goed doen wat nie goed is vir hul nie. Hulle is so moeg in die aand na sport as hul by die huis kom, hul doen huiswerk en gaan slaap dan. wat eintlik 'n goeie ding is, want dis maar hoe ons dae verloop het en ons het tog heel goed uitgedraai.

    Dan wat betref die LO prakties by die skool...kinder het regtig nie meer die motivering of die positiwiteit rondom die praktiese en selfs teoretiese deel van Lewensorientering nie. Dit is 'n probleem...want ek sit hier by 'n Ho"erskool en die kinders sal veel eerder onder die boom sit as om om die baan te hardloop...is dit omdat die negatiwiteit al in laerskool gekweek is, of is dit omdat die sillabus wat ons volg van die departement te eentonig is en onderwysers nie meer moeite doen om die opwindend te maak nie. Ek meen as ek elke week dieselfde stasies oor en oor moet doen en nie sien hoekom ons dit doen nie, sal ek in die eerste plek baie bored wees en in die tweede plek heeltemal belangstelling en motivering verloor.

    Moet kinders nie verplig word om een of ander aktiwiteit te doen na skool om hul uit die kwaad uit te hou nie. Ja almal is dalk nou nie 'n boffen op die sportveld nie, maar wat van iets soos trompoppies of koor of iets...meeste van die skole het die aktiwiteite, maar kinders word nie verplig om daaraan deel te neem nie...dit is vrye keuse...

    wat dink julle??

    ReplyDelete